5 maande gelede
Viskoekies vir jong kokkies wat al kook
Niks fishy: Viskoekies is ’n moet in jou resepteboek.Foto verskaf  ~ 

DIÉ maklike resep lewer genoeg viskoekies vir vier mense.

Bestanddele:

Kapokaartappel:

3 middelslag-aartappels, geskil en in blokkies gesny

5 mF sout

water

5 mF louwarm melk

sout en peper na smaak

Viskoekies:

220 g-blik blik pienk salm, gedreineer

30 mF mayonnaise

30 mF (2 e.) botter

30 mF grasuie, gesnipper

30 mF pietersielie, gesnipper

2 eiers

2,5 mF (½ t.) sout

vars gemaalde swartpeper na smaak

30 mF koekmeel

20 mF melk

125 mF droë broodkrummels

olie vir braai

Metode:

Kapokaartappel:

1. Kook die aartappels sag in soutwater. Giet die water versigtig uit en plaas die aartappels weer op die warm plaat. Stel die hitte laer en laat die aartappels ’n minuut lank droog kook. Pasop vir brand!

2. Druk die aartappels met ’n fynmaker fyn en roer die botter en warm melk by. Geur met sout en peper.

Viskoekies:

1. Haal die vel van die salm af, haal die grate uit en vlok die vis.

2. Meng die aartappel, salm, mayonnaise, grasuie, pietersielie, een eier, sout en swart­peper liggies.

4. Druk jou hande in die meel en vorm agt koekies van die vismengsel. Laat die koekies minstens 30 minute in die yskas staan sodat hulle nie uitmekaarval wanneer jy hulle braai nie.

5. Klits die melk en die ander eier deeglik. Gooi die broodkrummels in ’n vlak bakkie of bord. Rol elke viskoekie versigtig in die eier­mengsel en dan in die broodkrummels.

6. Maak ’n klein bietjie olie in ’n braaipan warm en braai die koekies tot goudbruin aan albei kante.

Dreineer op kombuispapier.

DIÉ week plaas ons ’n resep uit die kindervriendelike kookboek Nie Vir Ma’s Nie deur Karen Behm-Joubert en Daleen­ van der Linde. Lapa Uitgewers het dié boek aan ons gestuur. As jy ’n resep met lesers wil deel, SMS “KOOK” na 31447. Ons sal jou help om jou resep neer te skryf en foto’s van die gereg in Son op Sondagte plaas.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters