2 jaar gelede
Vinnige tuisgemaakte roomys
 ~ 

BESTANDDELE

  • 500 ml dik room
  • 1 e vanieljegeursel
  • 1 x 385 g-blikkie kondensmelk
  • 1 x 150 g-pakkie Zoo-koekies, in stukkies gebreek

METODE

1. Maak seker dat die room verkoel is voordat jy dit klits tot dit sagte punte vorm.

2. Voeg ongeveer en koppie van die room en die vanieljegeursel by die kondensmelk en meng goed. Vou die res van die room by die kondensmelkmengsel in - dit vorm die basis van jou roomys.

3. Meng die koekies met die roomysmengsel, skep in 'n houer en vries.

4. Jy kan enige van jou gunstelling-bestanddele (byvoorbeeld vars vrugte of sjokoladestukkies) byvoeg.

*Resep uit: Sjef Snoekie Laat die Potte Sing deur LAPA UITGEWERS. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters