Verlede maand
Verras mams met dié super-sjokoladekoek
smullekker: Dié koek is heerlik en maklik om te maak. FOTO VERSKAF  ~ 

DIÉ koek is genoeg vir 10 mense.

Bestanddele:

KOEK

4 eiers, geskei

375 mF suiker

125 mF olie

200 mF kookwater

375 mF koekmeel

125 mF kakao

15 mF bakpoeier

10 mF vlapoeier

2 mF sout

10 mF vanieljegeursel

Metode:

1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee ronde koek­panne goed met botter.

2. Klits die eiergele en suiker goed saam.

3. Meng die olie en water en klits dit geleidelik by die eiermengsel in.

4. Sif die droë bestanddele saam en roer dit by.

5. Klits die eierwitte styf en vou dit liggies in. Roer die vanielje­geursel by.

6. Skep die beslag in die panne en bak vir 30 tot 35 minute. Keer die koek uit op ’n draadrak om af te koel.

7. Smeer versiersel of karamelkondensmelk op die een laag en sit die ander laag bo-op. Versier die bokant met versiersel en sjokolade-ver­micelli of kersies.

VERSIERSEL

125 g sagte botter

500 mF versiersuiker

30 mF kakao

25 mF melk

5 mF vanieljegeursel

1. Klop die botter tot romerig.

2. Sif die versiersuiker en kakao saam en klits die helfte daarvan by die botter in.

3. Klits die res van die versiersuiker om die beurt met die melk by. Roer die vanielje­geursel by.

DIÉ week plaas ons ’n resep uit die kindervriendelike kookboek Nie vir Ma’s Nie deur Karen Behm-Joubert en Daleen van der Linde. Lapa Uitgewers het dié boek aan ons gestuur. As jy ’n resep met die lesers wil deel, SMS “KOOK” na 31447. Ons sal jou help om jou resep neer te skryf en foto’s van die gereg inSon op Sondag te plaas.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters