2 maande gelede
Treat jouself met ’n luukse broodpoeding
Heerlik: Dié broodpoeding is ’n lekker warm nagereg terwyl dit nog winter is.FOTO VERSKAF  ~ 

Bestanddele:

15 snye witbrood

batter vir smeer van brood

75 g korente

50 g versuikerde skil

gerasperde skil van 1 suurlemoen

75 g geel sultanas

neutmuskaat, gerasper

50 g strooisuiker

2 eiergele

600 ml melk

300 ml room

strooisuiker vir bo-oor sprinkel

Metode:

1. Smeer ’n 2 liter-oondbak met batter.

2. Smeer die snye brood met die batter en sny die korsies af. Sny vorms met ’n koekiedrukker uit, indien verkies.

3. Pak die broodjies in ’n laag op die boom van die oondbak. Sprinkel die helfte van die korente, die versuikerde en gerasperde suurlemoenskil, sultanas en geras­perde neutmuskaat oor. Pak die volgende laag broodjies en sprinkel die res oor.

4. Klits die suiker, eier­gele, melk en room goed saam en giet oor. Laat staan minstens 30 minute.

5. Voorverhit die oond tot 180 °C.

6. Bak die poeding sowat ’n uur tot goudbruin, uitgerys en gestol. Sprinkel strooisuiker oor en dien warm op.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters