5 maande gelede
Swartwoudpoeding in ’n ommesientjie
VIR DIE SOETTAND:Die swartwoudpoeding sal enige maaltyd net reg afrond.foto verskaf  ~ 

HIERDIE resep lewer genoeg swartwoudpoeding vir agt mense.

Bestanddele:

2 blikke gemengde kersies (in 400 g-blikke)

30 mF strooisuiker

50 mF brandewyn (opsioneel)

1 sjokolode-rolkoek

1 hoeveelheid sjokolodemousse (gebruik resep in kassie sonder die versiering)

1 houer room, styf geklits (’n 250 mF-houer)

2 stafies Flake-tjoklits, gekrummel

Vars aarbeie, kersies of mara­schino-­­kersies vir versiering

Metode:

1. Dreineer die kersies en gooi die stroop in ’n kastrolletjie. Roer die strooi­suiker by en kook 2 minute totdat die suiker gesmelt is. Roer die brande­wyn by en kook dit nog omtrent 2 minute. Roer aanhoudend.

2. Sny die rolkoek in dun skywe en sit ’n skyfie koek op elkeen se bordjie. Gooi van die stroop oor en skep sjokolade­mousse oor. Strooi geblikte kersies oor. Sit nog ’n skyfie koek bo-op en skep stroop, mousse en kersies oor.

3. Skep geklitste room bo-op, strooi sjokoladekrummels oor en versier dit met aarbeie of kersies.

DIÉ week plaas ons ’n resep uit die kindervriendelike kookboek Nie Vir Ma’s Nie deur Karen Behm-Joubert en Daleen­ van der Linde. Lapa Uitgewers het dié boek aan ons gestuur. As jy ’n resep met lesers wil deel, SMS “KOOK” na 31447. Ons sal jou help om jou resep neer te skryf en foto’s van die gereg in Son op Sondagte plaas.

Sjokolademousse

1 blik koue ingedampte melk (410 g)

20 mF suiker

18 malvalekkers

Knippie sout

Room en gerasperde sjokolade vir versiering

1. Gooi ’n kwart van die ingedampte melk, die sjokolade, suiker, malva­lekkers en sout in ’n glasbak en mikrogolf dit omtrent 10 minute lank op hoog totdat die sjokolade en malvalekkers gesmelt het. Roer dit gereeld. Laat dit afkoel.

2. Klits die res van die ingedampte melk totdat dit dik en romerig is.

3. Roer die sjokolademengsel by die ingedampte melk en skep dit in ’n mooi glasbak of glase.

4. Laat dit in die yskas stol en versier dit met styf geklitste room en gerasperde sjokolade.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters