4 maande gelede
Swartmossels met rooi kerrie
maak waves: Dit lyk dalk moeilik, maar ’n smaaklike mosselpot op die vuur is eintlik heel eenvoudig en sal ’n hit wees onder die eters.foto verskaf  ~ 

GENOEG vir vier mense.

Bestanddele:

1 kg halfskulp-mossels, bevrore

1 sopie olyfolie of botter

2 uie, gekap

2 knoffelhuisies, gekneus en gekap

1 soetrissie (groen, rooi of geel), ontpit en gekap

1 brandrissie (ontpit as jy dit so verkies), gekap

1 sopie rooikerriepasta

1 k (250 ml) witwyn

400 ml klapperroom

sout en peper

baguette vir voorsit

Metode:

1. Spoel die mossels met koue, lopende water af.

2. Roerbraai die olie of botter, uie, knoffel, soet­rissie, brandrissie en kerriepasta in die potjie totdat dinge bruin raak.

3. Giet die witwyn en klapperroom by. Gebruik jou houtlepel om seker te maak niks brand aan die bodem vas nie.

4. Voeg nou die mossels by. Roer en meng hulle met die res van die bestanddele. Sit dan die deksel op. Hou genoeg hitte onder die potjie om die vloeistof binne-in aan die kook te kry en die mossels 15 minute lank te laat stoom totdat hulle gaar is. Haal die deksel af en roer alles nog ’n keer.

5. Geur met die sout en peper.

6. Skep vir elkeen mossels en sous in ’n bakkie. Die baguette is om die sous mee op te vee.

Vir bonus­punte kan jy die brood liggies oor die kole rooster. Dit sal geur byvoeg.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters