2 maande gelede
Spirale gevul met kaas, uie en bacon
laat wiel! Bederf jou smaakkliere met diĆ© lekkernye propvol bacon, uie en kaas. Wat kan smaakliker wees? FOTO VERSKAF  ~ 

MIN mense sal nee sê vir iets met bacon en kaas in. Hier is ’n ander manier om die favourites voor te sit.

Bestanddele

Deeg

500 ml (2 k) bruismeel

2 ml sout

2 ml rooipeper

90 g gesoute botter

170 ml melk

Vulsel

6 repies bacon, gekap

½ fyn gekapte ui

’n bietjie melk, vir smeer

125 ml (½ k) grof gerasperde cheddar

100 g sun-dried tamaties,

gedreineer en gekap

100 g feta, gekrummel

pietersielie en basil, gekap

gemaalde swartpeper

Metode

Deeg

Voorverhit die oond tot 180 °C. Plaas ’n Silpat-bakmat of bakpapier in ’n bakplaat.

1. Sif die meel, sout en rooi­peper in ’n groot bak.

2. Vryf die botter daarin totdat dit soos broodkrummels lyk. Sny die melk met ’n mes in.

3. Haal die deeg uit en knie liggies tot ’n gladde bal. Rol in ’n dunnerige reghoek uit.

Vulsel

4. Braai die bacon en ui tot sag en gaar. Versprei ewe­redig oor die deeg. Los 1 cm oop om die rand. Smeer melk aan een lang kant van die reghoek.

5. Strooi die cheddar, sun-dried tamaties, feta, pietersielie en basil oor. Geur met die peper.

6. Begin by die lang kant sonder die melk en rol die deeg versigtig op.

7. Plaas op die naat en sny die rol in wiele van 1-1,5 cm dik.

8. Pak die wiele op die bakplaat. Bak sowat 20 minute tot goudbruin en deurgaar.

DIÉ week plaas ons ’n resep van Suretha du Toit en Anja Bands. Dit kom uit Errieda du Toit se kookboek Koekedoor 2, wat deur ­Human & Rousseau ge­publiseer is. As jy ’n resep het wat jy met die lesers wil deel, SMS “KOOK” na 31447. Ons sal jou help om jou resep neer te skryf en foto’s van die eindproduk in Son op Sondag te plaas.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters