Verlede maand
Souttertjies
lekker: Die tertjies se kaaskors en vulsel word afsonderlik gebak en dan eers aanmekaar gesit. foto verskaf  ~ 

DIÉ resep lewer 12 smaaklike souttertjies.

Bestanddele:

Souttertkors:

250 mF koekmeel

sout

2,5 mF rooipeper

125 g koue botter

500 mF cheddarkaas, fyn gerasper

Witsous:

50 mF botter

50 mF koekmeel

500 mF volroommelk, warm

Souttertvulsel (apart gebak):

180 g repies spekvleis, fyn gekap

30 mF fyngekapte ui

3 eiers + 1 ekstra eiergeel, geklits

330 mF sterk cheddarkaas, gerasper

3 Weense worsies, in dun ringe en verder in kwarte gesny

10 mF pietersielie, fyn gekap

Metode:

Souttertkors:

1. Voorverhit die oond tot 180 °C.

2. Sif die meel, sout en rooipeper saam. Rasper die botter by en voeg die gerasperde cheddarkaas by. Meng deurmekaar.

3. Voer die holtes van ’n 12-holte-kolwyntjiepan of mini-muffinpan uit met die deeg (daar kan dalk deeg oorbly).

4. Bak die doppies leeg vir 15 minute of tot goudbruin en gaar.

Witsous:

1. Smelt die botter in ’n medium kastrol.

2. Voeg die meel by en roer. Voeg die warm melk by en roer tot die witsous sonder klonte en gaar is.

Vulsel (apart gebak):

1. Braai die spekvleis en ui in ’n pan tot gaar.

2. Roer dit saam met die res van die vulselbestand­dele by die witsous in. Geur met sout en peper na smaak.

3. Skep die mengsel in ’n gesmeerde 16 x 25 cm-oondbak en bak teen 180 °C tot gaar en gestol, sowat 35-40 minute. Laat dit afkoel.

Druk of sny vormpies uit die souttert en plaas dit op die doppies. Versier met mikro-uie of ertjielote uit die tuin.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters