3 maande gelede
Sjokoladekoekies
soos van ouds: Dié ­sjokoladekoekies smaak nes dié in die goeie ou dae.foto verskaf  ~ 

DIÉ resep is genoeg vir ses tot agt mense.

Bestanddele:

1 pak versiersuiker (500 g-pak)

30 ml kakao

15 ml kitskoffiepoeier

300 g botter

2 eiers

2 x 200 g-pakke Mariebeskuitjies, in klein stukkies gebreek

Metode:

1. Smeer ’n bakplaat met botter.

2. Sif die versiersuiker, kakao en koffiepoeier saam.

3. Mikrogolf die botter op hoog totdat dit gesmelt is. Roer die versiersuiker by en mikrogolf weer op hoog vir omtrent drie minute, of totdat dit net begin borrel.

4. Klits die eiers en roer dit vinnig by die warm meng­sel in. Roer daarna die gebreekte beskuitjies by.

5. Skep die mengsel in die bakplaat en druk dit plat. Laat dit ’n bietjie afkoel en sny in blokkies.

6. Sit die bakplaat in die yskas totdat die blokkies hard geword het en lig dit dan versigtig uit.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters