25 dae gelede
Sitrustert met lemoenversiering
Soet en suur: Hierdie lekker korstert gaan jou tong die beste van albei wêrelde gee.Foto verskaf  ~ 

DIÉ tert sal ’n treffer wees op jou teetafel.

Bestanddele:

KOEKIEKORS

150 g botter, gesmelt

100 g gemmerkoekie- en

150 g Mariebeskuitjie-krummels

VULSEL

200 g (1 k.) suiker

70 g (½ k.) mielieblom

30 mF (2 e.) vlapoeier

500 mF (2 k.) vars lemoensap

125 mF (½ k.) vars suur­lemoensap

120 g botter

160 mF room

2 eiers, liggies geklits

Fyngerasperde skil van een lemoen en een suurlemoen

VERGLANSDE LEMOENSKYWE

400 g (2 k.) suiker

250-300 mF water

2 lemoene, in skywe gesny

Gerookte seesout

Metode:

KOEKIEKORS

Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit of smeer ’n 25 cm-tertpan uit.

Meng die botter en koekiekrummels. Voer die tertpan se boom en kante met die krummelmengsel uit.

Bak vir 10 minute. Laat afkoel.

VULSEL

Meng die suiker, mielieblom en vlapoeier. Roer die lemoensap geleidelik by tot glad.

Voeg die suurlemoensap en botter by. Verhit die mengsel in ’n kastrol oor medium hitte en roer totdat dit verdik.

Meng die room en die eiers in ’n aparte bak.

Voeg geleidelik van die warm mengsel by die room-en-eiermengsel om die temperatuur te verhoog.

Giet die warm eiermengsel by die sapmengsel in. Kook totdat dik en glansend. (Dit duur 1-2 minute oor medium hitte.)

Roer die gerasperde sitrusskil by.

Skep in die voorbereide tertdop en verkoel.

Versier die tert met verglansde lemoenskywe (sien onder) en lemoenstroop.

VERGLANSDE LEMOENSKYWE

Smelt die suiker in die water in ’n kastrol oor me­dium hitte.

Plaas die lemoenskywe in die suikerstroop en kook vir 30 minute.

Laat op ’n draadrak afkoel. Behou die stroop.

Besprinkel die skywe met gerookte seesout.

DIÉ week plaas ons ’n resep van Wessels van Vuuren. Dit kom uit Errieda du Toit se kookboek Koekedoor 2, wat deur ­Human & Rousseau ge­publiseer is. As jy ’n resep met die lesers wil deel, SMS “KOOK” na 31447. Ons sal jou help om die resep neer te skryf en foto’s van die eindproduk in Son op Sondag te plaas.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters