Verlede maand
RESEPTE: Tjoklit-wafels
BROS EN STROPERIG: Stroopsoet wafels met ’n donkersjokoladesous en bessies is mos koningskos!  ~ Foto Verskaf

HIERDIE resep maak genoeg wafels vir vier mense.

Bestanddele:

Vir die wafeldeeg:

2 k. meel

1 t. sout

4 t. bakpoeier

2 e. kaneelsuiker

2 eiers

1½ k. warm melk

1 / 3 k. botter, gesmelt

1 t. vanielje-ekstrak

¼ k. kaneelsuiker

Vir die doopsous:

110 g donkersjokolade

¼ k. room

½ t. seesoutvlokkies

vars bessies, vir opdien

Metode:

1. Voorverhit die wafelpan. Sif die meel, sout, bak­poeier en kaneel­suiker in ’n groot bak.

2. Klits die eiers in ’n ander bak. Voeg die melk, botter en vanielje­ekstrak by.

3. Giet die nat bestanddele by die droës. Meng deeglik.

4. Skep van die deeg met ’n soplepel in die wafelpan. Moenie meer inskep as wat die pan se aanwysings sê nie. Bak die wafels tot goudbruin en bros.

5. Besprinkel die wafels aan albei kante met die kaneelsuiker.

6. Smelt die donkersjokolade en room in ’n bain marie terwyl die wafels afkoel. Roer die ½ t. seesoutvlokkies by sodra die sjokolade gesmelt is. Sit voor met die bessies.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters