DIÉ resep lewer 40 tot 48 koekies.
Bestanddele:
250 g botter, teen kamertemperatuur
220 g strooisuiker
30 mF olie
2 eiers
5 mF sjokoladegeursel
5 mF vanieljegeursel
250 g gedroogde klapper
45 mF kakao
10 mF bakpoeier
500 g koekmeel
100 g baksjokolade, as versiering
sjokoladegrondboontjies, as versiering
Metode:
1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit die bakplate met kleefwerende sproei.
2. Verroom die botter, suiker en olie deeglik. Voeg die eiers een vir een by en meng goed. Voeg die geurmiddels by en meng goed. Voeg die klapper by en roer deur.
3. Sif die kakao, bakpoeier en koekmeel saam in ’n afsonderlike bak en voeg by die klappermengsel. Meng om ’n ferm deeg te vorm.
4. Rol die deeg 7 mm dik uit en krap bo-op met ’n vurk om ’n growwe tekstuur te vorm. Druk sirkels uit met ’n koekiedrukker en plaas op die bakplaat. Bak vir 12-15 minute en laat op ’n draadrak afkoel.
5. Smelt die sjokolade oor ’n bak warm water en drup dan ’n teelepel sjokolade in die middel van elke koekie. Versier met ’n sjokoladegrondboontjie.
Variasie:
Vir dunner koekies, rol die deeg 3 mm dik uit en plak twee koekies op mekaar met gesmelte sjokolade. As alternatief kan die koekies met beide donker én wit en sjokolade bedruip word.