19 dae gelede
RESEPTE: Pruim brownies
HEERLIK: Pruime maak dié brownies next level.  ~ Foto Verskaf

HIERDIE resep van Zola Nene lewer 16 brownies.

Bestanddele:

170 g botter

180 g donkersjokolade

150 g strooisuiker

3 groot eiers

1 t. vanielje

80 g koekmeel

60 ml choc chips

4 ryp pruime

Metode:

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n vierkantige koekpan met bakpapier uit.

2. Smelt die botter en die donkersjokolade saam. Laat dit eenkant staan dat dit tot kamertemperatuur kan afkoel.

3. Klits die strooisuiker, eiers en vanielje saam totdat die mengsel bleek en dik is. Roer die gesmelte donker­sjokolade en botter by tot goed gemeng.

4. Vou die meel en kakao in. Roer die choc chips by.

5. Giet die deeg in die pan.

6. Halveer die pruime, verwyder die pitte en sny dit in dun skywe voordat jy dit op die brownie-deeg rangskik.

7. Bak die beslag 35-40 minute. Moet dit nie te ver laat gaan nie. In die middel moet dit nog gooey wees.

8. Haal die pan uit die oond. Laat die gebak in die pan afkoel. Sny dit in 16 vierkante wanneer dit heeltemal afgekoel het.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters