Verlede maand
RESEPTE: ’n Seekos-paella
SOVEEL GEURE: Dit lyk dalk ingewikkeld, maar ’n paella is eintlik heel maklik om te maak.  ~ Foto Verskaf

HIERDIE heerlike dis is genoeg vir vier mense.

Bestanddele:

1 groot ui, fyn gekap

4 knoffelhuisies, fyn gerasper

1 x 400 g-blik fyn tamatie

1 t. (groot knippie) saffraan,

’n knippie suiker

1 t. gerookte paprika

1 t. droë rissievlokkies

2 k. rou paella- of risotto-rys (soos arborio)

3 k. warm visaftreksel, met nóg indien nodig

1 k. droë witwyn

12 queen prawns, kop en dop nog aan

500 g vars mossels, geskrop en baard verwyder

400 g vars, ferm wit vis soos hake of koningklip

sout en peper na smaak

olyfolie

suurlemoenwiggies, vir voorsit

Metode:

1. Gebruik ’n paella-pan of iets soortgelyks. Braai die ui in ’n bietjie olyfolie tot sag.

2. Roer die knoffel by. Braai tot geurig en voeg dan die tamaties by. Laat prut.

3. Maal die saffraan met ’n knippie suiker. Gebruik ’n vysel en stamper.

Wanneer dit ’n fyn poeier is, gooi ’n bietjie warm water by en roer. Voeg dit saam met die paprika en rissievlokkies in die pan. Geur met sout en peper.

4. Laat prut totdat die tamaties dik geword het.

5. Voeg die rou rys en witwyn by.

Roer goed sodat al die ryskorrels bedek is en kook.

Wanneer die wyn afgekook en byna deur die rys geabsorbeer is, voeg die warm aftreksel by.

Roer alles een keer deur en maak seker die rys is egalig deur die pan versprei.

6. Laat prut die rys 18 tot 20 minute oor lae hitte.

7. Berei die seekos terwyl die rys prut.

Druk die vis met kombuispapier droog en geur met die olyfolie, sout en peper. Meng met die rys.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters