Verlede maand
RESEPTE: Mosterd gee enige vleis byt
herinneringe: Mosterd werk die beste saam met steak of varktjops of varkribbetjies. Dit sal ook die volgende dag nog baie lekker wees saam met enige oorskiet-braaivleis of in ’n toebroodjie. foto verskaf  ~ 

JAN se resep is genoeg vir een flessie.

Bestanddele:

1 k. (250 ml) gladde appelkooskonfyt

1 blikkie (50 g) of ¾ k. sterk Engelse mosterdpoeier

1 sopie olie

1 sopie druiwe-asyn

1 t. (5 ml) sout

Metode:

1. Gooi al die bestanddele in ’n klein bak en meng deeglik.

2. Die mosterdpoeier en die appelkooskonfyt het die gewoonte om klontjies te maak. Jy moet roer en met jou lepel op die klonte druk totdat hulle weg is.

3. Skep die mosterd in ’n glasfles met ’n verseëlbare deksel en laat dit vir ’n paar dae op ’n koel plek rus.

4. Jy kan die mosterd al op dieselfde dag saam met braaivleis begin gebruik, maar dis lekkerder ná ’n paar dae.

En ...

Niemand in my familie het enige idee hoe lank die mosterd se raklewe is nie. In drie geslagte het ons nog nie een keer mosterd gemaak wat nie op was voordat dit af was nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters