21 dae gelede
RESEPTE: Lensiekoekies met skop
LIPLEK-LEKKER: Dié pikante Indiese happie sal jou mond laat water.  ~ Foto Verskaf

HIERDIE happies is sommer dinamiet!

Dit is baie geurig en het ’n behoorlike skop. (Lewer 18 koekies.)

Koekies:

1 ui, fyn gekap

1 rooi brandrissie, fyn gekap

2 knoffelhuisies, gekap

15 ml (1 e.) fyn komyn

15 ml (1 e.) fyn koljander

15 ml (1 e.) kerriepoeier

15 ml (1 e.) garam masala

30 ml (2 e.) borrie

100 g spinasie, dun versnipper

300 g lensies, gaar

50 g botter

45 ml (3 e.) meel

5 ml (1 t.) sout

hand vol vars koljander, grof gekap

30 ml (2 e.) blatjang

2 eiers

olie vir braai

Doopsous:

45 ml (3 e.) bruinsuiker

125 ml (½ k.) water

60 ml (4 e.) rooiwynasyn

1 steranys

1 kaneelstokkie

50 g droë appelkose, gekap

Metode:

Voorverhit die oond tot 180 °C. Meng alle koekiebestanddele in ’n mengbak en verkoel 30 minute in die yskas.

Verhit die olie in ’n pot oor matige hitte. Braai lepels vol van die mengsel in die warm olie en skep met ’n gaatjieslepel uit op papierhanddoek.

Doopsous:

Meng die sousbestanddele in ’n kastrol. Laat prut 10 minute oor matige hitte.

Bron: lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters