24 dae gelede
RESEPTE: Lekker visgereg
smaaklik: Hierdie visgereg is maklik om te maak en smelt in die mond. foto verskaf  ~ 

HIERDIE eenvoudige resep vir oondgebakte vis kom van Daline Geere van Vryburg in die Kalahari.

Dit lewer ses porsies.

Bestanddele:

400 g stokvis (hake)

Ina Paarman se visspeserye

peper

1 ui, gekap

125 g sampioene, gesny

olie, vir braai

2 snye dagoud brood, gekrummel

250 ml room

50 ml droë witwyn (ekstra lig)

15 ml gekapte vars pietersielie

Metode:

1. Voorverhit die oond tot 180 ºC.

2. Geur die vis en plaas in ’n gesmeerde, oondvaste bak.

3. Braai die ui en sampioene in ’n bietjie olie en skep oor die vis.

4. Strooi die broodkrummels egalig oor die vis.

5. Meng die room en wyn en giet oor die vis.

Bedek die bak met aluminiumfoelie en bak 20 minute.

6. Haal die foelie af en bak tot bruin.

7. Strooi die pietersielie oor en sit warm voor saam met kapokaartappels en slaai.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters