Verlede maand
RESEPTE: Lekker tjoppies
sappig: Dié skaaptjoppies is heerlik sag gebak en liplek-lekker. foto verskaf  ~ 

LIDIA van Aswegen van De Aar in die Noord-Karoo deel haar resep vir heerlike, sappige skaaptjoppies.

Die resep lewer drie tot vier porsies (twee tjops elk).

Bestanddele:

6 tot 8 skaaptjops

250 mg koekmeel

olie, vir braai

Sous:

750 ml kookwater

30 mg koekmeel

15 ml tamatiesous

15 ml Bisto-sous

15 ml worcestersous

sout en peper, na smaak

2 uie, gesny

Metode:

1. Vryf die tjops met die meel in. Braai die tjops vinnig in ’n pan aan albei kante om dit te seël.

2. Voorverhit die oond tot 180 °C. Meng die sous­bestanddele.

3. Pak die tjops in die sous. Strooi sout en peper na smaak oor.

4. Braai die uie en pak dit bo-op die vleis. Bedek dit en bak tot sag.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters