6 maande gelede
RESEPTE: Kerriebone met twist
GEURIG: Tuisgemaakte kerriebone lyk mooi in hulle flesse en kan enige tyd as bykos by ’n Sondagmaal of vir ’n braai ingespan word.  ~ Foto Verskaf

Bestanddele:

1 blikkie perskesnippers (410 g), gekerf in stukkies

1 blik pere, gekerf

2 kg gekerfde groenboontjies

1 kg gekerfde uie

10 ml (2 t.) sout

750 ml (3 k.) asyn

750 ml (3 k.) suiker

10 ml (2 t.) kerrie

5 ml (1 t.) borrie

30 ml (2 e.) mielieblom (Maizena)

Metode:

1. Kook boontjies, uie en sout so 15 minute lank in ’n bietjie water tot amper sag. Dreineer.

2. Meng ander bestanddele (ook die souse van die pere en perskes, behalwe die mielieblom) en voeg by.

3. Kook sowat 6 minute lank.

4. Maak mielieblom aan met ’n bietjie water en roer in.

5. Kook 5 minute lank tot mooi blink en bottel warm in warm bottels en verseël goed.

  • Bron: lekkerreseptevirdiejongergeslag. blogspot.co.za
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters