Verlede maand
RESEPTE: Hoenderrepies
SMAAKLIK: Dié sappige, bros hoenderrepies smaak nog lekkerder as jy dit in die tuisgemaakte pruim chutney dip.  ~ Foto Verskaf

VIER die somer met dié heerlike bros hoender­repies, voorgesit saam met ’n soetsuur pruim chutney.

Genoeg vir 4 mense.

Bestanddele:

1 ½ koppies mayonnaise

¼ koppie gerasperde parmesaan-kaas

1 e. hoenderspeserye

1 t. gerookte paprika

sout en peper

4 hoenderborsfilette, in repies gesny

2 koppies broodkrummels

2 e. oreganum

1 t. rooipeper (cayenne­)

kookolie vir braai

6 pruime, ontpit en in blokkies gesny

1 ui, fyngekap

½ t. brandrissievlokkies

1 koppie bruinsuiker

½ koppie appelasyn

½ t. allspice

Metode:

1. Meng die mayo, parmesaan, hoenderspeserye, paprika, sout en peper saam.

2. Voeg hoenderrepies daarby en meng deeglik om die hoender goed te bedek.

3. Voeg oreganum, sout, peper en cayenne by die broodkrummels. Doop die hoenderrepies in die krummels. Druk dit liggies om seker te maak die repies is deeglik bedek.

4. Braai die repies in kookolie tot goudbruin of bak in ’n voorverhitte oond teen 200 °C tot goudbruin.

Pruim chutney:

1. Plaas die uie, pruime, brandrissievlokkies, suiker, asyn en allspice in ’n pot.

2. Laat dit 30 minute lank oor medium hitte prut. Roer dit gereeld.

3. Laat dit afkoel en skep dit in ’n lugdigte houer. Dit kan tot twee weke in die yskas hou.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters