24 dae gelede
RESEPTE: Dié sop gaan jou baie gewild maak
NJAM-NJAM: Jou gesin sal vir seconds van dié sop vra.foto verskaf  ~ 

BEDERF jou gesin op ’n koue wintersaand met dié lekker sop.

Bereidingstyd: 20 min.

Gaarmaaktyd: 30 min.

Lewer 4–6 porsies.

BESTANDDELE

4 rou hoenderborsies

½ teelepel sout

1 blokkie hoenderaftreksel gemeng met 650 ml warm water

1 eetlepel botter

1 eetlepel room

1 ui, fyn gekap

1 medium tot groot aartappel, geskil en in klein blokkies van ongeveer 1 cm gesny

1 blik verroomde suikermielies

1 teelepel pietersielie (vir versiering)

METODE

1. Kook die hoender in genoeg water om al 4 stukke te bedek, en voeg ½ teelepel sout by. Kook vir 15 tot 20 minute tot gaar deurgaans.

2. Sodra die hoender gekook is, verwyder dit uit die pot.

3. Moenie die water weggooi waarin die hoender gekook is nie. Dié water word later vir die hoenderaftreksel gebruik.

4. Snipper die hoender in klein repies.

6. Smelt die botter in ’n groot pot en maak die fyn gekapte ui 5 minute gaar tot sag.

6. Voeg die aartappel en suikermielies by.

7. Voeg 650 ml van die water waarin die hoender gekook is by.

8. Voeg die 650 ml warm water gemeng met hoenderaftrekselblokkie by.

9. Laat prut 10 tot 15 minute totdat die aartappel sag is. Haal die pot van die stoof af en klop die mengsel met ’n staafmenger vir 1 tot 2 minute tot redelik glad. As jy ’n growwer sop verkies, moenie te lank met die menger klop nie.

10. Voeg die eetlepel room by en meng deeglik (voeg meer by na smaak).

11. Voeg die gesnipperde hoender by. Strooi pietersielie oor en sit voor.

Hierdie sop is veral heerlik saam met vars suurdeegbrood of rogbroodrolletjies. Geniet!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters