4 maande gelede
RESEPTE: Chakalaka-pastei
eenvoudig: Hierdie resep maak as ’t ware homself ... Dis so maklik, jy kan gerus voetjies hang terwyl dit bak. FOTO VERSKAF  ~ 

DIÉ pastei is genoeg vir vier tot ses mense.

Bestanddele:

15 mF (1 e.) sonneblomolie

1 groot ui, gekap

2 groot aartappels, geskil en in ½ cm-blokkies gesny

125 mF (½ k.) aangemaakte beesvleis­aftreksel

2 x 300 g-blikkies Bull Brand Corned Meat, in klein blokkies gesny

1 x 410 g-blikkie chakalaka

65 mF (¼ k.) gekapte koljanderblare

250 mF (1 k.) bruismeel

45 mF (3 e.) gekapte pietersielie

’n groot knippie sout en ’n knippie fyn witpeper

1 groot eier

125 ml (½ k.) melk

125 mF (½ k.) sonneblomolie

sout en peper

1 ui, in ringetjies gesny

Metode:

1. Maak eers die vulsel. Verhit die 15 mF (1 e.) olie in ’n groot braaipan en voeg die gekapte ui by.

2. Braai liggies tot sag en goudbruin.

3. Plaas intussen al die aartappelblokkies in ’n klein kastrol en voeg die aangemaakte aftreksel by. Bring tot kookpunt en laat kook totdat dit net sag is. Dreineer die aartappels en druk liggies droog. Voeg by die uie en laat kook totdat die aartappels lekker sag is.

4. Voeg die blokkies Bull Brand Corned Meat, die chakalaka en die koljanderblare by en roer liggies.

5. Skep die mengsel in ’n oondvaste pasteibak.

6. Maak nou die beslag. Plaas die bruismeel, pietersielie, sout en peper in ’n mengbak. Klits die eier, melk en 125 mF (½ k.) olie saam en voeg dit stadig by die meel. Klits met ’n draadklitser tot glad.

7. Gooi die beslag oor die vleismengsel, sprei dit uit om die vleis te bedek en rangskik ’n paar uieringe bo-op.

8. Bak die pastei in ’n voorverhitte oond teen 190 °C vir 40-45 minute of totdat die beslag deurgaar en goudbruin is.

9. Sit voor met ’n lekker gemengde slaai.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters