2 maande gelede
RESEPTE: Braai-aartappels by lamsboud
LEKKER: Dié is die produk van ligte werk met enkele bestanddele.Foto: natalie gabriels  ~ 

DIE resep vir dié heerlike vleis-en-aartappel-gereg is genoeg om 6-8 mense te bedien.

Dit vereis nie baie bestand­dele nie en is moeiteloos.

Bestanddele

1 heel lamsboud met skenkel;

6 medium aartappels;

1 heel bol vinkel (fennel);

sap en skil van 1 suur­lemoen;

1 heel knoffelbol, dwars gehalveer;

2 rooi uie, in kwarte gesny;

soutvlokkies en vars gemaalde swartpeper;

’n paar skeute olyfolie;

¼ koppie growwe sout;

1 koppie roosmaryn;

¼ koppie olyfolie.

Metode

Voer ’n oondpan met foelie en pak die vinkel, uie en knoffel daarin.

Strooi liggies sout, peper, olyfolie en suurlemoensap daaroor.

Plaas die boud bo-op. Sny vlak kerwe so 1 cm van mekaar in die bokant daarvan.

Vryf olyfolie in die boud en strooi sout en peper daaroor.

Pars suurlemoensap uit daaroor, kerf die skil op en sprinkel dit oor die boud.

Bedek die oondpan met foelie en bak 2-3 uur lank teen 170 °C.

Skil die aartappels en halveer hulle. Kook in soutwater tot sag, maar nie pap nie.

Terwyl die aartappels kook, verwerk ’n ¼ koppie growwe sout en 1 koppie roosmaryntakkies tot fyn.

Sprei uit op ’n skinkbord en laat dit droog.

Sodra die aartappels gaar is, skep hulle uit en laat hulle afkoel.

Verhit ’n ¼ koppie olyfolie in ’n skottel in die oond. Plaas die aartappels in die warm olie en smeer nóg olyfolie oor elke aartappel. Bak 30 minute lank teen 180 °C.

Draai die aartappels om en bak nóg 30 minute lank. Skep uit en sprinkel met roosmarynsout.

Haal die lamsboud uit en plaas op ’n opdienbord saam met die pangroente en aartappels.

Oorblywende sout kan op ’n bakplaat in die oond gedroog word teen 100 °C. Laat dit afkoel en bêre dit dan in ’n glasflessie.

  • Die resep is verskaf deur Kuier/Samantha Liede­man.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters