26 dae gelede
RESEPTE: Boeliebief en kaas
MAAK MAGIES VOL: Hierdie resep is supermaklik en vullend, veral noudat daar baie honger mense is tydens die lockdown.  ~ Foto Verskaf

HIERDIE maklike en vinnige alles-in-een-maaltyd is perfek vir ’n weekaand.

Genoeg vir 6 mense.

Bestanddele:

6 snye brood, gehalveer in 2 driehoeke per sny

1–2 uie, dun gesny

2 soetrissies (rooi en groen), in blokkies gesny

125 ml(½ k.) sampioene of murgpampoentjies, gesny

sonneblom- of olyfolie

300 g-blikkie boeliebief, in blokkies gesny.

125 ml (½ k.) gerasperde cheddar

3 eiers

250 ml (1 k.) melk

sout en peper na smaakMetode:

1. Voer ’n gesmeerde, oondvaste bak met die brood uit en hou eenkant.

2. Braai die groente in olie tot sag. Meng die boeliebief en kaas en skep op die brood in die bak.

3. Klits die eiers en melk, geur met sout en peper en giet die mengsel eweredig oor die vulsel.

4. Bak vir 40 in ’n voorverhitte oond teen 180 °C minute of totdat dit deurgaar is.

Sit voor saam met ’n vars tamatieslaai.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters