2 maande gelede
RESEPTE: Bobotie met skop
Spicy: Probeer ’n twist op dié Suid-Afrikaanse gunsteling. Dis heerlik én sag op die beursie.foto verskaf  ~ 

EEN van Suid-Afrika se gewildste geregte, bobotie, kry ’n makeover deur boeliebief pleks van maalvleis te gebruik.

Genoeg vir 4-6 mense.

Bestanddele:

2 uie, gekap

sonneblomolie of olyfolie

30 mF (2 e) knoffel-en-gemmermengsel

30-45 mF (2-3 e) kerriepoeier

5 mF (1 t) gemaalde komyn

10 mF (2 t) borrie

15-30 mF (1-2 e) suur­lemoensap

2 x 300 g-blikkies Bull Brand Corned Meat, in blokkies gesny

15-30 mF (1-2 e) fyn appelkooskonfyt

1 groot, groen appel, gerasper

180 mF (¾ k) pitlose rosyntjies of sultanas (opsioneel)

2 snye wit brood, in melk geweek en gekrummel

250 mF (1 k) amasi of karringmelk

3 eiers

sout en peper na smaak

2 lourierblare of 2 groot stukke suurlemoenskil

Metode:

1. Soteer die uie in ’n bietjie olie tot sag en glansend.

2. Voeg knoffel-en-gemmermengsel, kerriepoeier, komyn en borrie by en soteer sowat ’n minuut tot geurig.

3. Voeg die suurlemoensap by en roer. Voeg dan die boeliebief by en roerbraai ’n minuut totdat die blokkies met speserye bedek is.

4. Voeg die konfyt, appel, rosyntjies/sultanas en geweekte brood by. Geur na smaak.

5. Meng deeglik en skep bobotiemengsel in ’n gesmeerde oondbak. Bak dit 10 minute teen 190° C.

6. Klits die amasi/karringmelk en eiers, geur met sout en peper. Verwyder die bobotie uit die oond en giet die melkmengsel oor.

7. Voeg lourierblare of suurlemoenskil by en plaas dit terug in die oond. Bak dit nog tien minute teen 180° C tot goudbruin of totdat die bolaag gestol is.

8. Sit dit voor saam met rys en sambal.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters