3 maande gelede
Plaatkoekies wat jou mond sal laat water
ONTBYT: Begin jou dag met ’n bord vars plaatkoekies. FOTO VERSKAF  ~ 

DIÉ resep lewer ongeveer 24 plaatkoekies.

Bestanddele:

500 mF koekmeel

20 mF bakpoeier

5 mF sout

20 mF suiker

2 eiers

25 mF olie

350 mF melk

olie om in te braai

Metode:

1. Sif die meel, bakpoeier, sout en suiker saam in ’n mengbak.

2. Klits die eiers en roer die olie en melk by. Voeg die eiermengsel by die meelmengsel en klits dit met ’n elektriese klitser totdat dit soos dik room lyk.

3. Laat dit ’n halfuur staan.

4. Maak ’n bietjie olie in ’n braaipan warm (dit moet net die bodem bedek en nie te diep wees nie). Skep lepels vol beslag in die warm olie.

5. Braai die plaatkoekies aan die een kant totdat lug­blasies bo-op vorm. Draai dit om en braai die ander kant bruin.

6. Sit dit voor met botter, stroop, heuning, gerasperde kaas of geklitste room met aarbeiskyfies.


Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters