4 maande gelede
Nektarien en Jogurt
doodeenvoudig: Vir hierdie resep kan jy die nektariens vervang met perskes, watter een ook al in seisoen is.foto verskaf  ~ 

DIE resep lewer genoeg vir vier wat aan dié soetigheid wil smul.

Bestanddele:

Standaard:

6 nektariens (of perskes, wat ook al in seisoen is)

2 sopies bruinsuiker

Pikant:

1 koppie dubbelroom-jogurt

½ teelepel fyn kaneel

3 kardemompeule

Metode:

1. Breek die kardemompeule oop en verwyder die saad. Gebruik ’n stamper en vysel om die saad tot ’n fyn poeier te maal. As jy nie ’n stamper en vysel het nie, plaas die saad op ’n snyplank en rol met ’n bottel daaroor terwyl jy liggies daarop druk totdat hulle fyn is.

2. Meng die kaneel- en kardemompoeier met die jogurt.

3. Skil die nektariens, sny in die helfte en ver­wyder die pitte.

4. Braai die nektariens op ’n rooster oor die kole totdat hulle bruin is, en verwyder.

5. Strooi die suiker oor en plaas weer oor die kole. Draai elke nektarien gereeld om totdat die suiker smelt en begin borrel.

6. Voeg die jogurt by en sit voor.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters