3 maande gelede
’n Roerbraaitjie
japtrap: Roerbraai bly die vinnigste manier om ’n voedsame ete op die tafel te kry. foto verskaf  ~ 

DIE bereiding kan jou ’n rukkie besig hou, maar die gereg is gou gaar en genoeg vir 4-6 mense.

Bestanddele:

375 g hoenderborsfilette, in repies gesny

15 ml (1 e) droë sjerrie

1 klein ui, in wiggies gesny

4 geelwortels, in dun repies gesny

3 cm-stuk vars gemmerwortel, geskil en gekap

15 ml (1 e) olie

1-2 knoffelhuisies, dun gesny

2 selderystingels, diagonaal gesny

1 klein groen soetrissie, ontpit en in repies gesny

1 klein geel soetrissie, ontpit en in repies gesny

30 ml (2 e) sojasous

5 ml (2 e) heuning

30 ml (2 e) suur­lemoensap

gerasperde skil van 2 suurlemoene

boontjiespruite vir garnering

Metode:

1. Meng die hoender­, sjerrie, ui, geelwortels en gekapte gemmer. Laat 15 minute staan.

2. Verhit die olie in ’n groot pan of wok en roerbraai die knoffel, seldery en soetrissie ’n minuut.

3. Voeg die hoender by en roerbraai 3 minute.

4. Roer die sojasous, heuning, suurlemoensap en -skil in en roerbraai die mengsel nog ’n minuut.

5. Sprinkel net voor opdiening die boontjiespruite oor. Sit die roerbraai saam met rys of Oosterse rysnoedels voor.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters