3 maande gelede
Moussaka-silinders
TRADISIONEEL: Moussaka-silinders met lamsvleis is ’n soutige Griekse kasserol wat uitstekend werk as ’n gesinsgereg. foto verskaf  ~ 

LEWER genoeg vir vier tot ses mense.

Bestanddele:

2 groot eiervrugte

45 mF (3 e.) Sunfoil-sonneblomolie

1 rooi-ui, gekap

2 knoffelhuisies, gekneus

500 g lamsmaalvleis

10 mF (2 t.) fyn komyn

15 mF (1 e.) fyn koljander

15 mF (1 e.) tamatie­pasta

sout en varsgemaalde swartpeper

45 mF (3 e.) vars koljander, gekap

1 x 400 g-bottel pastasous met ’n tamatiebasis

Vir voorsit:

60 mF (4 e.) parmesaan

vars groenslaai

vars koljanderblare

Metode:

1. Sny die eiervrugte in die lengte in dun repe.

2. Borsel albei kante met ’n bietjie olie. Verhit ’n roosterpan oor hoë hitte en braai die repe eiervrug in ’n enkellaag 2-3 minute aan ’n kant of tot sag.

3. Verhit die res van die olie in ’n braaipan. Braai die ui en knoffel 5 minute oor matige hitte.

4. Verhoog die hitte, voeg die maalvleis by en braai tot bruin.

5. Roer die komyn, koljander en tamatiepasta deur. Laat 2 minute prut. Verwyder van die hitte.

6. Geur met die sout en peper. Roer die vars koljander by.

7. Laat 15 minute afkoel.

8. Voorverhit die oond tot 180 °C.

9. Giet die pastasous in ’n oondvaste bak.

10. Plaas ’n reep eiervrug op ’n snyplank. Skep 2 e. (30 mF) van die maalvleismengsel op die een punt. Rol dit op dat dit soos ’n cannelloni (silinder) lyk.

10. Plaas die silinder, eindpunt onder, in die oondbak. Herhaal met die res van die eiervrug en maalvleismengsel. Pak die silinders in ’n enkellaag.

11. Sprinkel die parmesaan oor. Bak 15 minute.

12. Sit voor met die groenslaai. Rond af met die vars koljander.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters