Verlede maand
Mielievetkoek
iets anders: Dié vetkoeke word van mieliemeelpap gemaak – ’n smaaklike variasie.foto verskaf  ~ 

DIÉ resep lewer 16 mieliepap-vetkoeke.

Bestanddele:

Mieliepap-vetkoek:

1 kg (7 k.) koekmeel

2 x 10 g (2 sakkies) kitsgis

15 mF (1 e.) sout

20 mF (4 t.) suiker

600 g (2 k.) gaar, sagte mieliepap

45 mF (3 e.) olie

375 - 500 mF (1½ - 2 k.) water

Olie vir diepbraai

Romerige hoendervulsel:

4 ontbeende hoenderborsies, gesny

15 mF (1 e.) hoender­spe­serye

30 mF (2 e.) olie

250 g sampioene, in skyfies gesny

Witsous:

60 g botter

60 mF (4 e.) meel

500 mF (2 k.) melk

sout en peper

30 mF (2 e.) gekapte vars koljander of grasuie

Metode:

Mieliepap-vetkoek:

1. Meng die koekmeel, kitsgis, sout en suiker.

Voeg die pap by en meng dit met ’n houtlepel deur.

2. Meng die olie en water in ’n beker en voeg by die papmengsel.

Meng tot ’n sagte deeg, plaas op ’n meelbestrooide oppervlak en knie tot sag en elasties. Plaas in ’n skoon bak en laat rys tot dubbel die volume.

3. Knie die deeg af en rol in ’n lang buis. Sny stukke af en vorm elk met die palms van jou hande in ’n bal.

Verhit die olie in ’n diep pan tot warm.

4. Braai ’n paar deegballe op ’n keer tot bruin en gaar binne. Dreineer op handdoekpapier.

Romerige hoendervulsel:

1. Geur die hoender met die hoenderspeserye.

Verhit die olie en braai die hoender 4 minute.

2. Voeg die sampioene by en roerbraai 6 minute. Die sappe van die sampioene sal die sous lekker geurig maak.

Skep uit en hou warm.

Witsous:

1. Voeg die botter by die pansappe en verhit tot gesmelt. Roer die meel met ’n houtlepel in.

Voeg die melk stadig by en roer deurentyd.

Laat prut 3 minute of tot die sous kook en begin verdik.

2. Voeg die hoender en sampioene by die sous.

Verhit 2 minute, geur met sout en peper, sprinkel kruie oor en roer liggies.

Sit warm voor saam met die oopgesnyde vetkoeke.

  • Opdiening:

Sny die vetkoeke oop en skep die vulsel in.

Rond af met gesnyde komkommer en slaaiblare indien verkies.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters