3 maande gelede
Malvalekker-nagereg
PIENK PLESIER:Dié nagereg is baie maklik om te maak.FOTO VERSKAF  ~ 

DIÉ heerlike nagereg is genoeg vir agt mense.

Bestanddele:

1 blik (400 g) pynappelstukke, gedreineer

  • geknip

20 rooi en groen glanskersies, in stukkies gesny

50 g okkerneute, in stukke gebreek

1 houer (250 mF) room

1 blik (397 g) kondensmelk

Metode:

1. Sny die pynappelstukke in kleiner stukkies en gooi dit in ’n mengbak.

2. Roer die malvalekkers, glanskersies en okkerneute liggies by.

3. Klits die room totdat dit sagte punte maak as die klitser opgelig word.

4. Voeg die room by die ander bestanddele en meng die kondensmelk by.

5. Roer totdat alles deeglik gemeng is.

6. Skep die mengsel in ’n tertbak of individuele glasies.

7. Laat dit minstens 3 uur in die yskas staan.


Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters