14 dae gelede
Maklike klappertert
liplekker: Die klapper en suurlemoen in hierdie resep is ’n heerlike kombinasie.foto verskaf  ~ 

LEWER een tert.

Bestanddele:

Tertkors:

190 g (210 mF) botter

325 g (580 mF) koekmeel

35 g (45 mF) strooisuiker

2 eiergele, geklits met 75 mF koue water

Óf: Maklike beskuitjiekors:

Meng 1 pakkie gekrummelde tennisbeskuitjies met ½ koppie gesmelte botter. Druk vas in ’n tertbak.

Vulsel:

4 eiers, geskei

1 blik (385 g) kondensmelk

100 mF suur­- lemoensap

1 koppie (250 mF) klapper

Knippie sout

Versiering:

Fyngekapte pistachioneute, suurlemoenskil, koekiekrummels en kruisementblaartjies

Metode:

Kors:

1. Voorverhit die oond tot 180°C. Spuit ’n 24 cm-tertbak met kleefwerende sproei.

2. Plaas die botter, meel en suiker in ’n voedselverwerker en verwerk totdat die mengsel soos fyn broodkrummels lyk.

3. Terwyl die voedselverwerker aan is, voeg die eier-en-watermengsel by en meng tot ’n deeg.

4. Haal uit en bedek met kleefplastiek. Laat rus 15 minute in die yskas.

5. Rol uit op ’n meelbestrooide oppervlak en voer die tertpan daarmee uit.

6. Bak die tertdop blind, ongeveer 15 minute, tot redelik gaar en gevorm.

Vulsel:

1. Voorverhit die oond tot 180 °C.

2. Klits die eiergeel in ’n mengbak. Voeg die kondensmelk, suurlemoensap, klapper en sout by en klits saam.

3. Klits die eierwit in ’n skoon glas- of metaalbak tot goed styf en vou dit met ’n metaallepel by die mengsel in.

4. Giet die mengsel in die tertdop en bak 20-25 minute.

5. Laat afkoel, plaas in die yskas en versier net voor opdiening.

Versiering:

Strooi die neute, skil en krummels oor die tert en rond af met mentblaartjies. Los die tert in die tertbak en dien op op ’n houtbord.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters