5 maande gelede
Maklike florentines met kersies en neute
HEERLIK: Beïndruk jou gaste of gasvrou met dié floren­tines, wat sommer gou-gou gemaak kan word. foto verskaf  ~ 

Hierdie smullekker koekies is die perfekte geskenk vir 'n kombuistee.

Kanya het die resep getoets en sê dis regtig baie maklik en baie lekker.

Vir ’n netjiese, ronde voorkoms, gebruik ’n koekiedrukker. Jy kan ook met ’n vurk golfie­patrone op die sjokolade-onderkant trek, soos ’n ware Florentyn.

Lewer 18-24 florentines.

Bestanddele:

1 blik (385 g) kondensmelk

3 koppies graanvlokkies – die soort wat jou kamma maer maak in ’n week

1 koppie grondbone, gerooster en goed gesout

½ koppie glanskersies, of meer, volgens jou beursie

110 g donkersjokolade, die beste wat jy kan bekostig

Metode:

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer twee bakplate uit met liggies gesmeerde bakpapier.

2. Meng al die bestand­dele saam in ’n mengbak en skep lepels vol op die bakplate. Bak 7–10 minute (hou dit goed dop).

3. Haal dit dadelik uit die oond as dit reg is. Laat dit op die bakplate afkoel totdat dit stewig genoeg is om op die draadrak af te koel.

4. Smelt die sjokolade in ’n dubbelkoker met pruttende water (die bak moenie aan die water raak nie.)

Alternatiewelik kan jy dit 30 sekondes mikrogolf, roer, en weer mikrogolf totdat dit gesmelt is.

5. Doop die onderkant van die koekies in die gesmelte sjokolade wanneer hulle behoorlik afgekoel het.

6. Plaas dan die sjokoladekant na bo op die draadrak en wag totdat dit hard is.

DIÉ week plaas ons ’n resep van Kanya Hunt. Dit kom uit Errieda du Toit se kookboek Koekedoor 2, wat deur ­Human & Rousseau ge­publiseer is. As jy ’n resep het wat jy met die lesers wil deel, SMS “KOOK” na 31447. Ons sal jou help om jou resep neer te skryf en foto’s van die eindproduk in Son op Sondagte plaas.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters