Verlede maand
Lyk na roet, maar smaak o, so soet!
swart nommertjie: Dié cupcakes sal die oog vang en die smaakkliere bederf. FOTO VERSKAF  ~ 

DIÉ resep lewer 24 cupcakes.

Bestanddele:

BESLAG

600 ml koekmeel

375 ml suiker

5 ml koeksoda

5 ml bakpoeier

2 ml sout

30 ml kakaopoeier

250 ml natuurlike jogurt of karringmelk

250 ml sonneblomolie

4 eiers, geskei

10 ml asyn

25 ml kleursel (swart)

5 ml vanieljegeursel

ROOMKAASVERSIERSEL

400 g roomkaas

300 g botter, in blokkies gesny

600 ml versiersuiker

5 ml vanieljegeursel

Metode:

BESLAG

1. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee kolwyntjiepanne.

2. Sif die meel, 300 ml suiker, koeksoda, bakpoeier, sout en kakaopoeier saam in ’n groot mengbak.

3. Gebruik ’n skoon bak of beker en meng die jogurt of karringmelk, olie, eiergele, asyn, kleursel en vanieljegeursel.

4. Voeg die nat bestanddele by die droës en meng liggies. Moenie te veel meng nie.

5. Klits die eierwitte styf en voeg die orige 75 ml suiker by. Klits ’n minuut.

6. Vou die eierwitte by die koekbeslag in en giet dit in die bereide panne.

7. Bak 25 minute tot deurgaar. Laat ’n paar minute staan, keer uit en laat afkoel.

ROOMKAASVERSIERSEL

Klits die roomkaas. Voeg die botter en versiersuiker by, klits tot deeglik gemeng en voeg die geursel by. Skep in ’n versierbuis en spuit op die cupcakes.

DIÉ week plaas ons ’n resep van Wessels van Vuuren. Dit kom uit Errieda du Toit se kookboek Koekedoor 2, wat deur ­Human & Rousseau ge­publiseer is. As jy ’n resep met die lesers wil deel, SMS “KOOK” na 31447. Ons sal jou help om die resep neer te skryf en foto’s van die eindproduk in Son op Sondag te plaas.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters