6 maande gelede
Lekker wraps, vegetaries of nie
gesond: Dié wraps is heilsaam. Kinders behoort dit te geniet.Foto: goeiehuishouding.co.za  ~ 

HIER is ’n resep van goeiehuishouding.co.za waarmee jy smaaklike wraps sommer gou vir die kinders se kosblikke kan maak.

Die oorspronklike resep is vegetaries, maar as die kids nie daarvan hou sonder vleis nie, kan jy maklik hoender, tuna of ham byvoeg.

Geniet dit.

Bestanddele

1 k platblaarpietersielie

1 k vars kruisement

1 k tahini

½ k vars uitgeparste suurlemoensap

sout

2 klein wortels, grof gerasper (sowat 2 k)

1 komkommer, dun gekerf

1 ryp avokado, dun gekerf

1 k spruite

½ klein rooikool, die kern verwyder en fyn gesnipper (sowat 4 k)

4 tortillas

Metode

Maak die pietersielie, kruisement, tahini, suurlemoensap, ½ k water en ’n knippie sout in ’n vermenger tot puree. Voeg meer water by as dit nodig is.

Verdeel die wortels, komkommer, avokado, spruite en kool tussen die tortillas.

Rol dit styf op en draai dit in waspapier toe.

Giet die tahinisous in ’n lugdigte houer.

Jy kan die sous en wraps ’n dag lank in die yskas hou.

Pak die wraps heel of gesny saam met die tahinisous in.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters