4 maande gelede
RESEPTE: Lekker vis-breyani
sdvFoto:  ~ 

3 koppies langkorrelrys

1½ koppies bevrore gemengde groente

1 koppie groente-olie

3 groot aartappels

2 groot uie, dun gesny

1 kg ferm porsies vis van jou keuse

1 tamatie, gekap

¼ koppie karringmelk

1 – 2 groen brandrissies, gekap

1½ t. jeera/komyn

3 naeltjies

3 allspice

3 kardemomsade

2 kaneelstokkies

1 t. sout

Vismasala

7 knoffelhuisies, gekap

1 t. sout

3 t. jeera/komyn

sap van 2 suurlemoene

1 t. borrie

1 e. groente-olie

Kook die rys tot halfgaar.

Dreineer, spoel af en plaas eenkant. Skil die aartappels, sny in skywe. Verwarm die olie in pot, braai die aartappels tot ligbruin en effens sag. Plaas eenkant.

Dreineer oortollige olie. Braai gekapte uie tot goudbruin.

Voeg die tamatie, karringmelk, brandrissies, jeera, naeltjies, allspice, kardemomsade, kaneelstokkies en sout daarby. Laat prut 10 minute lank oor lae tot me­dium hitte of tot uie sag is.

Maak intussen die masala om die vis te braai. Meng alle speserye in ’n bakkie en roer goed. Was die visporsies en maak droog, smeer die masalamengsel oor die vis. Laat staan vir 10 minute voordat jy die vis braai in die oorskietolie wat vir die aartappels gebruik is.

Rangskik die aartappelskywe op die bodem van ’n groot swaarbodempot. Plaas die helfte van die rys bo-op die aartappels, bedek egalig. Rangskik die visporsies bo-op die rys, daarna die uiemengsel, dan die gemengde groente en eindig met die oorblywende rys.

Plaas stukkies botter bo-op die rys en voeg 1 koppie warm water by. Bedek en stoom oor lae tot medium hitte vir ongeveer 20 minute. Verwyder van die hitte en laat staan vir 10 minute.

Sit voor met suurlemoenatjar of blatjang.

Bedien 6

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters