Verlede jaar
Lekker lamsboud
sdgFoto:  ~ 

OF JY nou self die lamsboud ontbeen of jou slagter kry om dit te doen, jy kry ’n eenvoudige, heerlike braaistuk wat maklik is om te sny.

GENOEG VIR 6-8 MENSE

VOORBEREIDING:

20 minute

GAARMAAK: 90 minute

Bestanddele

  • 3-6 knoffelhuisies
  • ½ bossie pietiersielie
  • ½ bossie vars roosmaryntakkies, plus ’n paar takkies wat nie gekap is nie
  • 30 ml (2 e) kappertjies

) 100 g ciabatta, in stukke gebreek

  • 125 ml (½ k) amandelvlokkies
  • 200 g Manzanilla-olywe, gedreineer en gekap
  • 1 suurlemoen se skil en sap
  • seesout en swartpeper

) 2-3 kg lamsboud, ontbeen

  • olyfolie
  • 2 uie, geskil en grof gekap
  • 2 wortels, grof gekap
  • 2 stokkies seldery, grof gekap
  • 1 bottel Olive Brook Classic-rooiwyn
  • 30 ml (2 e) koekmeel
  • 1 F (4 k) aftreksel

Metode

1. Voorverhit die oond tot 180 ºC.

2. Plaas van die geskilde knoffelhuisies, pietersielie, gekapte roosmaryn en kappertjies in ’n verwerker en verwerk tot fyn.

3. Voeg die stukke ciabatta en amandelvlokkies by. Pulse ’n paar keer, maar hou dit grof.

4. Meng die broodkrummels, gekapte olywe en suurlemoen en geur met die sout en peper.

5. Stop die boud met die vulsel, vou dit toe en maak dit styf met tou vas. Druk die orige roos­maryntakkies onder die tou in.

6. Besprinkel die boud met ’n bietjie olyfolie, vryf dit in die vleis en geur met die sout en peper.

7. Plaas die gekapte uie, wortels en seldery in ’n braaipan saam met enige oorblywende ongekapte knoffelhuisies. Plaas die lam bo-op. Bak ongeveer 90 minute in die oond.

8. Bedruip dit ná 30 minute met ’n skeut wyn. Herhaal elke 15 minute totdat die vleis gaar is.

9. Plaas die lam op ’n bord sodra dit gaar is en laat rus terwyl jy sous maak.

10. Skep die meeste van die vet uit die pan. Plaas oor lae hitte op die stoof. Voeg die koekmeel by en maak alles met ’n masher fyn.

11. Giet ’n glas rooiwyn by. Bring tot kookpunt dat die alkohol uitkook.

12. Giet die aftreksel by en bring weer tot kookpunt terwyl jy die voedsaamheid van die bodem skraap. Verlaag die hitte en laat prut 10 minute.

13. Sif die sous in ’n beker of pan. Gebruik ’n gietlepel om al die voedsaamheid uit te kry. Gooi enige oorblywende groente of vleis weg. Jou lam is nou reg vir voorsit. Bon appétit!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters