9 maande gelede
Kolwyntjies met roomkaas
In die kol: Dié swart-wit kolwyntjies is soos die klawers van ’n klavier. Die resep is baie veelsydig. Verander elke keer net die kleursel.foto verskaf  ~ 

LEWER 24 kolwyntjies.

Bestanddele:

Beslag

600 mF koekmeel

375 mF suiker

5 mF koeksoda

5 mF bakpoeier

2 mF sout

30 mF kakaopoeier

250 mF natuurlike jogurt of karringmelk

250 mF sonneblom-olie

4 eiers, geskei

10 mF asyn

25 mF Rolkem-kleursel (swart)

5 mF vanieljegeursel

Roomkaasversiersel

400 g roomkaas

300 g botter, in blokkies gesny

600 mF versiersuiker

5 mF vanieljegeursel

Metode:

Beslag:

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer 2 kolwynpanne met botter uit.

2. Sif die meel, 300 mF suiker, koeksoda, bakpoeier, sout en kakao saam in ’n groot mengbak.

3. Meng die jogurt, olie, eiergele, asyn, kleursel en geursel in ’n skoon bak.

4. Voeg die nat bestanddele by die droë bestanddele en meng liggies.

5. Klits die eierwitte styf en voeg die orige 75 mF suiker by. Klits een minuut.

6. Vou die eierwitte by die koekbeslag in en giet dit in die voorbereide panne in.

7. Bak 25 minute tot deurgaar. Laat ’n paar minute staan en keer uit.

Roomkaasversiersel:

  • Klits die roomkaas. Voeg die botter en versiersuiker by. Klits tot deeglik gemeng en voeg die geursel by. Skep in ’n versierbuis en spuit die versiersel bo-op die kolwyntjies.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters