7 maande gelede
Kaas-aartappels
MAKLIK: Kook die aartappels in ’n gietyster-potjie op die vuur om dit ekstra geur te gee.foto verskaf  ~ 

DIÉ resep lewer genoeg vir ses mense.

Bestanddele:

1 kg jong aartappels

2 sopies (1 sopie = 25 mF) olyfolie

2 sopies botter

1 ui (opgekap)

1 soetrissie (groen, geel of rooi, ontpit en in repies gesny)

8 knoffelhuisies (gekneus)

1 t. sout

1 t. peper

300 g cheddarkaas (gerasper)

½ sopie paprika

Metode:

1. Was die aartappels, gooi hulle in jou gietyster-potjie en kook in water totdat hulle sag is.

2. Gooi die water af, maar hou die sagte aartappels in die potjie. Gooi die olyfolie, botter, ui, soetrissie­repies, knoffel, sout en peper by en roerbraai totdat party van die bestanddele begin karameliseer en ’n goudbruin kleur kry.

3. Gebruik nou jou houtlepel of braaitang en druk aan ’n paar van die aartappels sodat hulle uit hulle nate kan bars en nog geure kan absorbeer en ontwikkel. Roerbraai nog ’n minuut of drie.

4. As dinge aan die onderkant van die potjie taai raak en wil vasbrand, gooi ’n bietjie water, olyfolie, bier, wyn of aftreksel by en krap wat ook al vassit, los.

5. Gooi nou die gerasperde kaas by en strooi die paprika daaroor. Sit die pot se deksel op en haal hom van die vuur af.

Pak nou ’n ordentlike klompie kole op die deksel – soveel as waarvoor daar plek is – en wag ’n paar minute vir die kaas om te smelt.

Sodra die kaas gesmelt het, is jou aartappels reg vir aksie!

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters