8 maande gelede
Hoendermarinade
zesty: Dié hoendermarinade is eenvoudig, maar sal jou taste buds tickle!foto verskaf  ~ 

GENOEG vir 4-6 mense

Bereidingstyd: 10 minute

Vir voorsit: genoeg vir 1 kg hoender.

Die resep behels ’n dapper kombinasie van onmiskenbare geure. Dit maak dit ideaal vir diegene wat hou van ’n hoendergereg met byt.

So, as jy van hoender hou en avontuurlustig genoeg voel om ’n zesty geur by te voeg, probeer hierdie eenvoudige tuisgemaakte marinade. Die bestanddele is goed wat jy meestal in die huis het. Dit sal sorg vir ’n wonderlike maaltyd en is ’n uitstekende bederf by ’n familiebraai.

Ons stel voor jy los die marinade die nag voordat jy dit gebruik in die yskas; dit maak dit selfs geuriger. Glo ons – die resultaat is die wag werd!

Bestanddele:

Marinade:

250 ml (1 k) karringmelk

125 ml (½ k) Sunfoil Sunflower Oil

15 ml (1 e) suurlemoensap

5 ml (1 t) Dijon-mosterd

5 ml (1 t) fyn borrie

5 ml (1 t) fyngedrukte knoffel

15 ml (1 e) vars gemmer, fyn gerasper

5 ml (1 t) gemaalde swartpeper

Metode:

1. Meng al die bestanddele vir die marinade deeglik in ’n menger of voedselverwerker.

2. Plaas die hoender in ’n houer wat nie van metaal is nie. Rol die hoenderstukke in die marinade sodat dit bedek is.

Marinade:

3. Bedek die houer en plaas vir minstens 30 minute of oornag in die yskas.

4. Haal die hoender gaarmaaktyd uit die marinade. Braai dit oor ’n warm rooster of bak dit in die oond.

5. Geur met sout en peper. Sit voor saam met suurlemoenwiggies. Druk die sap oor die hoender uit.

Vir voorsit:

Suurlemoenwiggies

Sout en gemaalde swartpeper

Allsome long grain parboiled rice

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters