3 maande gelede
Hoenderlasagne
vullend: Die gereg bevat vele smake.foto verskaf  ~ 

LEWER 6-8 porsies.

Bestanddele:

18 groen lasagnevelle, gaar

Hoendervulsel:

60 ml margarien

1 middelslagui, gekap

5 ml knoffel

10 ml Cajun-speserye

10 ml hoenderspeserye

250 ml klaargemaakte tama­tie-en-uiemengsel

500 g hoendermaalvleis

1 bos spinasie, gekerf

1 houer sampioene, in skywe gesny

1 x 410 g-blik geroomde suikermielies

vars gemaalde swartpeper

Pikante kaassous:

100 g margarien

75 g meel

5 ml knoffelpasta

10 ml knoffel-en-kruiegeurmiddel

5 ml Cajun-speserye

750 ml melk

vars gemaalde swartpeper

250 ml cheddar, gerasper

Bolaag:

50 g cheddar, gerasper

60 ml broodkrummels met gekapte pietersielie

Metode:

Hoendervulsel:

Verhit die margarien in ’n middelslagkastrol. Voeg die ui en speserye by en smoor 3-5 minute. Voeg die tamatiemengsel by en laat prut 10 minute. Voeg die res van die bestanddele by en laat prut nog ’n paar minute. Laat afkoel.

Pikante kaassous:

Smelt die margarien in ’n middelslagkastrol. Voeg die meel by en laat kook twee minute.

1. Voeg al die bestanddele, behalwe die ge­rasperde kaas, by. Roer goed en maak seker dat daar geen klonte vorm nie. As dit sou gebeur, maak die klonte met ’n klitser fyn. Hou aan roer totdat die sous kookpunt bereik.

2. Verwyder van die hitte en plaas kleefplastiek oor die oppervlak van die sous om te voorkom dat ’n dik “vel” vorm.

Samestelling:

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit ’n groot oondvaste skottel met kleefwerende sproei.

2. Verdeel die vulsel tussen die 18 lasagnevelle. Skep die vulsel oor die korter kant van die vel. Rol die vel op.

3. Rangskik die rolletjies in ’n enkellaag. Giet die kaassous oor die lasagne­velle sodat dit goed bedek is. Strooi dan die bestand­dele vir die bolaag oor.

4. Bak 12-15 minute totdat die kaas goudkleurig is en borrel.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters