Lewer 40-50 koekies.
Bestanddele:
250 botter, teen kamertemperatuur
5 ml vanieljegeursel
5 ml karamelgeursel
200 ml strooisuiker
1 eier
60 ml melk
200 g bruismeel
300 ml koekmeel
100 g amandels, gekap
Om die koekies te bestryk:
60 ml rooswater gemeng met 125 ml water
Om die koekies te doop:
versiersuiker, gesif
Metode:
1. Voorverhit die oond tot 180° C. Bespuit ’n bakplaat met kleefwerende sproei.
2. Klits die botter, vanielje- en karamelgeursel en suiker tot lig en donsig. Voeg die eier en melk by en meng goed.
3. Sif die bruis- en koekmeel in ’n afsonderlike bak en voeg die amandels by.
4. Voeg die helfte van die meel by die botter en meng goed. Voeg dan die ander helfte van die meel by en knie liggies totdat ’n gladde deeg vorm. Gebruik ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is.
5. Vorm gelykvol eetlepels deeg in halfmane en plaas dit ongeveer 3 cm uitmekaar op die bakplaat. Bak 15 minute of totdat die koekies effens verbruin.
6. Plaas die brosbrood op ’n draadrak, bestryk met die rooswater en doop in die gesifte versiersuiker.