3 maande gelede
Gebraaide salm op pikantrissie-pasta
HEERLIK: Die salm en pikantrissies gee ’n besonderse smaak aan dié pastagereg. FOTO VERSKAF  ~ 

DIE vars salm en pikantrissies maak dié gereg iets besonders. Dit is genoeg vir ses mense en perfek vir ’n spesiale geleentheid.

Bestanddele:

Sous:

30 mF (2 e.) botter

400 g Peppadew® Piquanté Pepper and Garlic-pastasous

250 mF (1 k.) witwyn

250 mF (1 k.) vars room

4 basiliekruidblare, vars en gesnipper

10 mF (2 t.) suiker

500 g gekookte spaghetti

Vis:

6 salmfilette

30 mF (2 e.) olyfolie

Sout en peper

Metode vir sous:

1. Gooi die Peppadew®-pastasous in ’n kastrol en voeg die witwyn, vars room en gesnipperde basiliekruidblare by.

2. Verhit die sous tot kookpunt, voeg die suiker by en roer goed.

3. Meng die sous met die gekookte spaghetti en hou eenkant tot benodig.

Metode vir vis:

1. Geur die salmfilette met sout en peper.

2. Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die salmfilette aan albei kante vir 2 tot 3 minute vir ’n mediumgaar vis.

Opdiening:

1. Verhit die spaghetti en sous indien nodig.

2. Plaas die salmfilette op die spaghetti en sit dadelik voor.

Sjef se wenk:

Voeg vars dille by om die gereg nog meer geur te gee.

DIE mense van Peppadew® deel graag met ons dié heerlike resep, wat ’n mens met hul pikantrissie-produkte kan maak.

As jy ’n resep het wat jy met die lesers wil deel, SMS “KOOK” na 31447. Ons sal jou help om jou resep neer te skryf en foto’s van die eindproduk in Son op Sondag te plaas.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters