Verlede maand
Drie-kaas-broodjie
smaaklik: Dié resep is oorspronklik geskep om saam met ’n glas yskoue witwyn geniet te word, maar dit hang van jou af. foto verskaf  ~ 

DIÉ resep lewer ses braaibroodjies met ham en kaas.

Bestanddele:

12 snye suurdeeg- of witbrood

Botter

1 sopie Dijon-mosterd

1 sopie korrelmosterd

2 sopies mayonnaise

6 skywe gypsy-ham

400 g kaas (’n kombinasie van verskillende soorte soos cheddar, gouda, gruyère, raclette, feta, of enige iets wat jy byderhand het)

Metode:

1. Vir die braaibroodjie kan jy snye vars suurdeegbrood gebruik, maar gesnyde witbrood sal ook werk. Botter elke sny aan die een kant.

2. Lê nou ses snye brood op jou werkoppervlak neer en smeer dit met Djjon-mosterd, korrelmosterd en mayonnaise.

3. Pak die ham en gerasperde of gesnyde kaas op die mosterd-gesmeerde brood. Verdeel die ham en kaas eweredig tussen die ses snye.

4. Sit die ander ses snye brood bo-op, met die botter-kant boontoe.

5. Pak die broodjies in ’n toeklaprooster en maak dit toe. Dit maak die braaiwerk makliker en sal ook help dat jy die brood vorm sodat dit soos ’n regte braaibroodjie lyk.

6. Braai oor medium tot warm kole totdat die brood goudbruin is buite en die kaas regdeur gesmelt is binne. Draai dikwels om.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters