5 maande gelede
Dis heerlike Hertzoggies
vir die SUIKERtand: Dié lekkerny het ’n vulsel van klapper en konfyt. foto verskaf  ~ 

LEWER 36-40 koekies.

Bestanddele:

250 g botter

60 ml olie

150 g suiker

2 eiergele

10 ml vanieljegeursel

240 g bruismeel

240 g koekmeel

Klappervulsel:

2 eierwitte

150 ml suiker

60 g fyn, droë klapper

250 ml appelkooskonfyt

Metode:

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Bespuit vier kolwyntjiepanne met kleefwerende sproei.

2. Klits die botter, olie en suiker tot romerig, lig en donsig. Voeg die eiergele een vir een by en klits ná elke byvoeging goed. Roer die vanieljegeursel by. Sif die bruis- en koekmeel by en meng tot ’n sagte deeg.

3. Plaas die deeg op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en rol dit 6 mm dik uit. Druk met ’n deegdrukker met ’n geriffelde rand deegsirkels uit.

4. Plaas die deegsirkels in die holtes van die kolwyntjiepanne en druk dit vas. Prik die deeg met ’n vurk en plaas ’n balletjie klappervulsel (sien die metode regs) aan die een kant.

5. Bak 12-15 minute of tot effens goudbruin. Verwyder uit die oond en skep ’n teelepeltjie konfyt langs die klappervulsel in elkeen van die deegdoppies.

Klappervulsel:

1. Klits die eierwitte styf en voeg die suiker geleidelik by. Roer die klapper by en meng goed. Hou eenkant tot benodig.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters