9 maande gelede
Dadelblokkies
mooi en lekker: Jy kan hierdie blokkies alte fraai versier. foto verskaf  ~ 

LEWER 36 blokkies.

Bestanddele:

250 g botter of margarien

1 k (250 mF) suiker

2 eiers, goed geklits

1 t (5 mF) vanieljegeursel

1 k (250 mF) dadels, fyn gesny

1¼ pakkie (250 g) Marie-beskuitjies, in stukke gebreek

klapper vir rol

Metode:

1. Smelt die botter of margarien in ’n kastrol. Voeg die suiker en geklitste eiers by.

2. Stel die hitte baie laag. Roer totdat die mengsel verdik. Voeg die vanieljegeursel en dadels by.

3. Haal die kastrol van die plaat af. Roer die koekies by.

4. Druk die mengsel op ’n gesmeerde bakplaat plat. Plaas in die yskas tot koud.

5. Sny in blokkies,
rol in die klapper en geniet saam met tee.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters