7 maande gelede
Brandy snaps lekker as snack of nagereg
Njam:Kies tussen brandy snaps met grenadella of karamelpiesing.FOTO VERSKAF  ~ 

Lewer 12 brandy snaps

Bestanddele:

150 g botter

150 g koekmeel

7,5 ml kaneel

150 g gouestroop

300 g strooisuiker

Metode:

1. Laat smelt die botter in ’n kastrol. Voeg al die ander bestanddele by en meng goed tot die deeg glad is, maar moenie oormeng nie. Plaas lepels vol op ’n Silpat-bakmat, goed uitmekaar en hoogstens vier op ’n slag (dit sprei heelwat uit). Bak teen 175 °C tot borrelrig en karamelbruin, een pan op ’n slag.

2. Laat dit ’n minuut of langer staan om te rus en ferm te word, maar nog buigbaar genoeg om te vorm. Vorm om ’n metaal­kegelvorm, of in rolletjies of U-vorms om ’n houtlepel se steel, terwyl dit nog warm is. Sit koekies – nog om die vorm – op die naat neer om goed te seël.

Opdiening:

Vul kaneel-brandy snaps met grenadella-vla of karamel­piesang-vulsel.

GRENADELLA-VLA

Grenadella-pulp en sap van 8 grenadellas

BAKKERSVLA

2 eiers

50 g strooisuiker

30 ml koekmeel

300 ml melk

30 g botter

vanieljegeursel

fyngerasperde skil van ½ lemoen

1. Kook die grenadella-pulp af tot gereduseer in ’n klein kastrol. Laat afkoel en hou eenkant.

2. Room die eiers, suiker en meel saam in ’n medium bak tot lig en glad.

3. Bring intussen die melk tot kookpunt in ’n kastrol. Verwyder van die stoofplaat en voeg dit by die eier-­en-meelmengsel terwyl jy aanhou roer. Giet die mengsel terug in die kastrol, bring weer tot kookpunt en verwyder van die stoofplaat.

4. Roer eers die botter in, dan die geursel en lemoenskil. Laat afkoel. Roer die afgekoelde grenadella-pulp by na smaak.

KARAMELPIESANG-VULSEL

200 ml karamel-kondensmelk

1 of meer piesangs

suurlemoensap

Skil piesang net voor opdiening en sny fatsoene soos blomvorms uit. Sprinkel suurlemoensap oor om verkleuring te voorkom.

DIÉ week plaas ons ’n resep van Suretha du Toit en Elmarie Ward. Dit kom uit Koekedoor 2, Errieda du Toit se kookboek wat deur ­Human & Rousseau gepubliseer is. As jy ’n resep het wat jy met die lesers wil deel, SMS “KOOK” na 31447. Ons sal jou help om jou resep neer te skryf en foto’s van die eindproduk in Son op Sondagte plaas.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters