5 maande gelede
Bierbroodjie
byderwets: Die mielies en bier in die resep gee die broodjie ’n heerlike smaak.­ foto verskaf  ~ 

DIÉ resep lewer een groot brood of twee kleiner broodjies.

Bestanddele:

½ ui, fyn gekap

100 g spekvleis, fyn gesny

Botter, vir braai

1 gaar mielie-aan-stronk

500 g bruismeel

5 mF sout

1 blik (340 g) heel mieliepitte, gedreineer

200 g beleë cheddarkaas, gerasper

330 mF bier

Tuisgemaakte botter:

250 mF room

250 g mascarponekaas

3 mF sout

Metode:

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n broodpan.

2. Braai die uie en spekvleis in ’n bietjie botter tot goudbruin en gaar. Laat afkoel.

3. Sny die pitte van die gaar mielie in repe van die stronk af en plaas onder in die pan.

4. Sif die meel en sout saam. Roer die geblikte mielies, kaas en die afgekoelde ui-en-spekmengsel by. Voeg die bier by en meng goed met ’n vurk of lepel.

5. Skep die mengsel in die pan. Bak een uur lank of tot gaar. Gebruik ’n toetspen om seker te maak die broodjie is gaar.

6. Haal uit en laat rus vyf minute voordat jy die broodjie op ’n draadrak uitkeer.

Tuisgemaakte botter:

  • Giet die room en mascarpone in die mengbak van die staanmenger. Klits met die K-haak tot die vloeistof (karringmelk) van die bottervet geskei is.

Giet die karringmelk-vloeistof af (behou vir ander gebruik) en druk die botter droog met ’n kaasdoek-lap.

Meng die sout of ander geurmiddels by die botter in. Verkoel tot benodig.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters