27 dae gelede
Besonderse koek met kaaslaag ’n treffer
soet en sout: Dié heerlike gebak bevredig jou lus vir albei. FOTO verskaf  ~ 

DIE resep lewer genoeg vir agt mense.

Bestanddele:

100 g botter

200 ml suiker

5 ml vanieljegeursel

2 eiers

500 ml koekmeel

10 ml bakpoeier

1 ml sout

125 ml melk

10 ml Marmite of Bovril

50 ml sagte botter

50 g gerasperde Cheddarkaas (125 ml)

Metode:

1. Stel die oond op 180 °C en smeer ’n reghoekige tertbak liggies met botter of spuit dit met kossproei.

2. Room die botter en suiker en klits die vanieljegeursel by. Klits dan die eiers een vir een by.

3. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en roer dit om die beurt met die melk by die eiermengsel.

4. Skep die beslag in die gesmeerde tertbak en bak dit omtrent 30 minute.

5. Meng die Marmite of Bovril met die 50 ml botter.

6. Steek gaatjies in die gaar, warm koek en smeer die bottermengsel daaroor. Strooi die kaas bo-oor en bak dit dan verder totdat die kaas gesmelt het.

DIÉ week plaas ons ’n resep uit die kindervriendelike kookboek Nie Vir Ma’s Nie deur Karen Behm-Joubert en Daleen­ van der Linde. Lapa Uitgewers het dit aan ons gestuur. As jy ’n resep met lesers wil deel, SMS “KOOK” na 31447. Ons sal help om jou resep neer te skryf en foto’s van die gereg in Son op Sondag te plaas.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters