3 maande gelede
Bederf jou liefie met dié heerlike wafels
ROMANTIES: Maak dié tuisgemaakte wafels vir die spesiale mens in jou lewe. FOTO VERSKAF  ~ 

LIEFDESKOS is altyd ’n wenner. Jy kan jou liefie op Valentynsdag met hierdie heerlike karringmelk-wafels van goeiehuishouding.co.za verras. Die resep is eenvoudig en sal jou nie baie tjieng kos nie.

Bestanddele

Beslag

500 mF (280 g) koekmeel

15 mF bakpoeier

3 mF sout

10 mF suiker

2 ekstragroot eiers

250 mF karringmelk

90 g botter of margarien, gesmelt

Bolaag

60 g botter of margarien

60 ml (50 g) ligte bruinsuiker

5 mF gerasperde lemoenskil

80 mF vars lemoensap

Vrugte van jou keuse, gesny

2 mF fyn kaneel (opsioneel)

Metode

1. Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Voeg die suiker by.

2. Klits die eiers, karringmelk en gesmelte botter of margarien saam. Voeg by die droë bestanddele en klop totdat die beslag glad, dik en sonder klonte is. Laat die beslag sowat 30 minute staan.

3. Verhit ’n wafelpan, bespuit goed met kossproei en giet die beslag oor die plate totdat die basis bedek is. Laat dit effens set voordat jy die deksel toemaak. Bak vir ’n paar minute tot gaar en goudbruin.

4. Bolaag: Smelt die botter of margarien in ’n swaarboompan. Voeg die suiker by en roer totdat dit gesmelt het. Voeg die lemoenskil en -sap en vrugte by en kook sowat drie minute.

Sprinkel die kaneel oor die vrugte as jy dit so verkies en sit saam met die wafels voor.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters